Te klip om te boom 
Klip kan net klip,
Sy teel is onderverdeel
tot stomme klippertjies
designed rondmeel.
Boom kan net boom,
word langer en ook swanger
tot singende boompjes
voël om die voorsanger.
Maar voorwaar:
voor boom kan boom
moet klip eens klip,
en klip teel waar
glo miljoene jaar.  
                     D.J. Opperman